Thursday, June 11, 2009

Die "Glinsterende Kruis" Awards 2009

Daar is baie mense wat al die glinster in die kruis gesien het… jy weet, daai glansryke geleentheid om geld te maak uit geloof. Ons by die SkaatsCast kom deesdae al hoe meer af op voorbeelde van dit.

Ek dink dis hoog tyd vir ‘n top 10; in fact, ek kan amper nie glo ons het nog nie so iets op die blog gehad nie! Maar ons doen dinge anders hier... so hier onder is die top 9 voorbeelde van Christelike produkte en dienste wat of ‘n regte rip-off is, of net regtig sleg uitgevoer is.

Na die verlede post oor die Prayer Cross het ons op ‘n hele hoop ‘Christelike’ produkte afgekom, so sonder om te lank te draai hier is die (cue vocal reverb en drumroll…):

9. Knopies met ‘n Bybel tema
Al ooit gehoor van ‘wearing your faith on your sleeve’? Wel iemand het, en gedink ‘almal sê dit, maar niemand doen dit nie!’ Nou kan jy met BadgeBoy Produkte se nuwe “Knopies met ‘n Bybel tema”.



Om die waarheid te sê, ek is nie heeltemal seker wie dit sal koop nie. My ondervinding in die wêreld van bemarking sê vir my dis Christelike fanatikuste, maar selfs daaroor is ek nie seker nie.

Met ‘knopies’ wat arbritrêre dog stereotipiese boodskappe dra soos “Bybelstudie” en kommerwekkende “He touched me” is die ding wat dit ‘n uiteindelike flop maak die feit dat jy dit nie eens die opsie het om dit te bestel nie.

Priceless.

8. Crusader pajamas
Kry jy ooit daai gevoel jy doen nie genoeg vir Christenskap nie? Dalk droom jy ander gelowe neem die wêreld oor. Wel, nie meer nie!

Dit gaan dalk nie vir jou pas nie maar ten minste sal jou kinders dit kan dra en die Christelike stempel in hul drome, in die middle ages plaas. En boonop sal die bed bugs nooit byt nie.

7. In-vlug etes op Alaska Airlines
Nes pop-up advertensies en flyers in my kar se venster, vind ek Bybelversies op alledaagse produkte partymaal nogal intrusive… en somtyds bietjie eerie daarby.

As jy ooit die geleentheid het om Alaska Airlines te vlieg sal jy sien daar het meer as net ‘n gewoel en gewerskaf in die in-flight meal… met ‘n kaartjie wat net mooi glad nie sin maak nie.

6. Joshua and the battle of Jericho Komper speletjie
Hierdie is nie net ‘n game nie. Nee. Jy’s Joshua en moet die Israeliete na die beloofde land van God lei; en dit als vir slegs $5.95. Kan enigeiets cooler wees as dit?

Seker die feit dat dit selfs beskikbaar is vir Sega Megadrive, Nintendo Game Boy en Atari. Wow.

5. Pamflette vir die Christelike Lektuur Fonds
Imagine gou iemand wat jy goed ken lig die elmboog op ‘n gereelde basis en jy’t besluit om iets daaraan te doen. Maar hoe? Kry so 150 “Alkohol – Iemand na aan my drink te veel – wat nou?” pamflette en los dit regoor die persoon se huis.
Ok dis nie waarvoor dit bedoel is nie…

4. Believe in God spray
Hierdie moet ‘n joke wees. Of ‘n joke, of ‘n absolute rip-off. Koop vir jou een, hier!


3. Christian bumper stickers
Bumper stickers suck al klaar, maar hoe kan ons dit nog baie, baie erger maak? Maklik! Dink aan ‘n hele rits van die mees onoorspronklike boodskappe in die wêreld ooit, en verkoop dit! Nie net sal dit baie mense se bumper-fix-of-the-day wees nie, maar dit sal selfs al die ander mense op aarde so erg irriteer dat hulle vir die volgende twee sondae moeiliker sal opstaan om kerk toe te gaan.


2. Jurie Els gospel album… en VELE MEER!
Mens hoef nie te veel te sê oor hoekom hierdie album net ‘n stappie te vêr is nie.

Volgens Kalahari.net het "EK HOOR AS U ROEP en K-K-KYK NA MY albei goue status behaal, terwyl VERBLY JOU IN DIE HERE byna goue status behaal het."

Wat's met die CAPS?
Koop jou eie kopie, hier!

1. Benny Hinn
Obviously sou Benny nommer een maak. Come on. Wie dan anders?

Die David Copperfield van Christenskap. Ou Benny is ‘n masjien as hy op sy kruistogte Afrika toe kom. Vele was al glo van VIGS en kanker genees deur Benny.



Whataboikie.

Tuesday, May 12, 2009

Kruis my hart...

Wow! Ons was verskriklik lank weg... maar nou is ons weer terug.

Ons het die keer 'n regte gem op die internet ontdek. Letterlik. Hierdie keer is dit die (on)gelooflike entrepreneuriese 'aha' oomblik van iemand wat duidelik voel dat daar nog nie genoeg geld gemaak is uit die Onse Vader uit nie. Check gou die video, dan gesels ons verder



Basies is dit 'n kruis gemaak van 'sterling silver' en 'genuine crystal', maar wat dit 'astonishing' (woord uit die ad uit) is dat dit actually die Onse Vader binne in het. As jy die kruisie ophou teen die lig kan jy elke woord sien.

Kyk, point taken. Ek's seker baie mense sal van dit hou, en daar is sekerlik nie iets fout met dié wat hulle hard-earned cash belê in 'n Prayer Cross nie. Die probleem vir my kom in dat dit 'n uitbuiting is van iets wat (excuse the pun) na aan baie van ons harte is.

Wat my ook bug is die feit dat hulle mens afrip. As jy gaan na www.prayercross.com, kyk na hierdie ad hier onder...

...nou hoekom op aarde moet mens 2 paaiemente van $19.99 maak? Rip off. En om selling points te gebruik soos "one of a kind spiritual accessory", "the entire Lord's prayer becomes instantly and almost miraculously visible" en "astonish those who see the hidden prayer inside".

Die Braveheart-esque musiek, die meisie met die rooi hare wat byna omval na sy sien sy kry 'n Prayer Cross en die feit dat dit applicable is tot net mooi enige Christelike vakansiedag... jip, hierdie is 'n rip-off met 'n certificate of authenticity.

Friday, December 26, 2008

Geseënde Kersfees en 'n voorspoedige Nuwe Jaar

Ek wil graag namens almal hier by die SkaatsCast vir julle 'n geseënde Kersfees en 'n voorspoedige nuwe jaar toewens.

Thursday, November 20, 2008

Maak soos 'n leeu en brul - as jy wil

Hierdie een uit ‘n bietjie meer van ‘n local geweste.

Hierdie maand het Lux Verbi klomp kinderhuise besoek en hul dag gemaak deur op te team met… wait for it… Robbie Wessels.

Ja, die ster van vele shows en films het vir die Christelike uitgewersmaatskappy gehelp om die kinders te leer dat dwelmmiddels nie reg is nie (mkay).

Dit klink als goed en wel en definitief iets wat baie nodig is, maar volgens een berig wat ek gelees het in MyWeek het Robbie blykbaar vir hulle die notorious “Leeu Loop” geleer. Was dit dan nie die dans wat baie Christengemeenskappe up-in-arms gehad het ‘n jaar of wat terug nie?

Dit voel net so bietjie vir my soos om vir Eddie Ecksteen te vra om spreekspersoon te word vir Bio-Slim.

Obama, Osama, hmm, is hulle broers?

Dit is die vraag wat voor 'n klein kerk in Jonesville, South Carolina, VSA, gestaan het, en wat groot kontroversie veroorsaak het.

Pastoor Roger Byrd het gese hy wou mense aan die dink kry, toe sit hy die boodskap op die kennisgewingbord voor die Jonesville Church of God.

Die boodskap lui: "OBAMA OSAMA HUMM(sic) ARE THEY BROTHERS".

Byrd het gesê die boodskap is nie bedoel om rassisties of polities te wees nie.

"Dit is eenvoudig om mense te laat agterkom en te sien wat moontlik kan gebeur as ons iemand daar binne kry (as president van Amerika in die Whitehouse), wat nie in Jesus Christus glo nie," het hy gesê.

Toe Byrd gevra is of hy glo Obama 'n Moslem is, het hy geantwoord: "Ek weet nie. Sien, dit vra 'n vraag: Is hulle broers? In ander woorde, is hy 'n Moslem? Ek weet nie. Hy sê hy is nie. Ek hoop hy is nie, maar ek weet nie. En dit is net iets om mense se verstande 'n bietjie te roer. Dit was nooit bedoel om iemand se gevoelens seer te maak of te offend nie."

Obama het herhalend gedurende sy veldtog om die presidentskap gesê hy is 'n Christen en gaan kerk by die Trinity United Church of Christ in Chicago.

Ten spyte van kritiek, het Byrd gesê die boodskap sal op die bord bly. Hy het die saak met die gemeente bespreek en hulle het besluit om dit daar te hou.

Byrd was toe vorseer om die boodskap te verwyder nadat die kerk honderde klagtes gekry het.

Die boodskap is vervang met die vraag: "HOW WILL YOU SPEND ETERNITY, SMOKING OR NO SMOKING"

Thursday, November 13, 2008

Just be good for goodness' sake

Die ‘British Humanist Association’ (BHA) het onlangs advertensies op Londonse busse begin plaas wat sê “There’s probably no God. Now stop worrying and enjoy your life”.

Vir baie Christene kan dit nogal oorkom as ‘n shocker van ‘n ad. Om dinge bietjie aan te vuur het Washington DC ook nou sy eie weergawe gekry, wat sê “Why believe in a god? Just be good for goodness’ sake”.

Die een in DC is gefund deur die American Humanist Association wat ongeveer R420 000 in hierdie campaign ingepomp het, blykbaar “because there are an awful lot of agnostics, atheists and other types of non-theists who feel a little alone during the holidays because of its association with traditional religion.


Al wat ek kan sê is ag asseblief. Ek weet hierdie gaan ongelooflik biased oorkom deur uit ‘n Christelike oogpunt te comment op iets wat te doene het met atheïsme, maar genugtig, surely kan mens ‘n beter objective vir ‘n campaign kry as dit. Daar’s soveel meer ernstige issues waarmee AHA en BHA kan deal as om vir die wat nie in God glo nie ook spesiaal te laat voel oor die festive season.

Die enigste ding wat die veldtog goed laat lyk was die American Family Association se antwoord op die advertensie, waar ‘n verteenwoordiger gesê het “it’s a stupid ad”. En ‘n stupid response as jy my vra.

Wednesday, November 05, 2008

Will.i.am stel Obama-lied vry

Vir die wat nog nie weet nie, Barack Obama is gister (4 November) as die 44ste president van Amerika verkies. 'n Paar ure nadat Obama as die president aangewys is, het rapper Will.i.am, van Black Eyed Peas roem, aangekondig dat hy 'n nuwe lied en musiekvideo gaan vrystel om Obama se White House wen te merk.

Will.i.am het verkiesngaand spandeer om die finale weergawe van die lied, It's a New Day, te edit. Die lied gaan sy internet debuut Woensdag op Dipdive.com maak.

Hy het gesê, "The whole thing is really for people to leave testimonials... to create a page and leave testimonials on how they feel about this American accomplishment."

Ek wonder of iemand 'n lied gaan skryf en 'n musiekvideo gaan maak oor ons volgende president.

[BBC]

Tuesday, October 14, 2008

Kerstyd in St. Louis alreeds?

'n Radiostasie in St. Louis, Missouri, VSA, het hierdie naweek die oorgang gamaak om 24/7 slegs Kersliedjies te speel.

Die oorgang is met gemengde gevoelens ontmoet, maar die stasie se programdirekteur sê Kersliedjies is populêr, selfs al is dit so vroeg in die seisoen.

As ek so na die stasie se Wikipedia inskrywing kyk, wil dit vir my voorkom asof die stasie 'n bietjie van 'n identiteiskrisis ondergaan. Eers was hulle 'n kontemporêre radiostasie, Movin 101.1, toe word hulle nou Christmas 101.1, met die slogan: 101.1 is your Holiday Station en die stasie beplan om vroeg 2009 'n 24/7 sportstasie te word.

Buiten die feit dat die stasie 'n identiteitskrisis het, voel ek dis net so effens vroeg vir Kersliedjies, nie eers te praat van 24/7 Kersliedjies nie.